Rugby: Neusie verby vir Bulle in UitdaagbekerApril 13, 2025

Die Bulle het Saterdagmiddag sy kans verspeel om deel te wees van die res van die Uitdaagbeker toe hulle die kwarteindstryd-wedstryd teen Edinburgh met ‘n telling van 34-28 in die Skotse hoofstad verloor het. Die Bulle se terugkeer in die tweede helfte was net nie genoeg ná ‘n droewige eerste helfte nie. Die tuisspan het rustyd reeds met 24-7 voorgeloop. In Saterdag se ander kwarteindstryde, het die Parys-gebaseerde Racing die Ierse span, Connacht met 43-40 geklop en Lyon het die Walliese Ospreys net-net met 20-18 die loef afgesteek.