Motorsport: Piastri in voorste posisie by Bahrain Grand PrixApril 13, 2025
McLaren se renjaer, Oscar Piastri, spring vanmiddag in die voorste posisie weg van die Bahrain Grand Prix. Piastri was voor sy Mercedes-mededinger George Russell en Charles Leclerc van Ferrari in die laaste opwindende kwalifiserende ronde – met sy spanmaat Lando Norris – sesde. Carlos Sainz het sy sterkste kwalifiserende ronde tot dusver in die seisoen bereik en is agtste, met Lewis Hamilton, ook van Ferrari, negende. Max Verstappen van Red Bull het tydens die kwalifiserende rondes gesukkel met sy motor se remme en is in die 7de plek.