Menendez-broers treetjie nader aan vryheidApril 13, 2025

Die Menendez-broers, die 53-jarige Erik en 56-jarige Lyle, gaan weer gevonnis word nadat ‘n regter Vrydag in Los Angeles beslis het dié verrigtinge kan voortgaan. Dit kan beteken dat dié broers, wat lewenslange tronsktraf uitdien vir die moord op hul ouers in 1989, op parool vrygelaat kan word ná 35 jaar agter die tralies. ‘n Veldtog vir hul vrylating op gronde dat hulle deur hul ouers mishandel is, is aangeblaas ná die Netflix-reeks Monsters: The Lyle and Erik Menendez Story uitgereik is.