Halfmiljard nodig om reënskade aan paaie te herstelApril 13, 2025

Minstens 500 miljoen Namibiese dollar is nodig om die skade te herstel wat deurdringende reën aan die land se paaie aangerig het. Volgens die Padfondsadministrasie het 20 van Namibië se 57 plaaslike owerhede reeds die RFA om ‘n halfmiljard dollar in totaal vir dié doel genader. Die RFA se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, het aan plaaslike media gesê daar is egter nie soveel geld beskikbaar nie. Die RFA sal noodgedwonge die regering vir bykomende fondse moet vra, het hy gesê.