Beleggers staan reg met miljarde vir groen energieApril 13, 2025

Ongeveer sewe Europese maatskappye stel belang om in Namibië se groenwaterstofekonomie te belê, met ‘n voornemende beleggingspyplyn van meer as 430 miljard Namibiese dollar, sê die Europese Unie se  ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins. Tans is ses Europese lande aktief in Namibië se groen-energiesektor. Een van hulle is HyIron , wat Vrydag sy Oshivela-aanleg naby Arandis ingewy het. Die projek, ‘n vennootskap tussen Namibiese en Duitse maatskappye, het sy tweede fase van bedrywighede betree, met die doel om produksie van 15 000 tot 200 000 ton per jaar op te skaal.