Atletiek: G’n medaljes vir Mboma, MasilingiApril 13, 2025

Namibië se twee naellopers, Christine Mboma en Beatrice Masilingi, kon beide Saterdag nie daarin slaag om met die louere by die World Athletics Continental Tour Golden Grand Prix in Botswana weg te loop nie. Masilingi was in die sesde plek met ‘n tyd van 11:84 sekondes, terwyl Mboma met die sewende plek en ‘n tyd van 11:88 sekondes tevrede moes wees. Suid-Afrika se Hanna Hope Vermaak het met ‘n tyd van 11:44 sekondes gewen.