AU Jeugspele strook met regering se ondersteuning van sport: BalottiApril 12, 2025
Namibië sal die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele van 4 tot 13 Julie in Windhoek en Swakopmund aanbied. Tydens die bekendstelling van die spele Vrydag het die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, die belangrikheid van sport vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se administrasie beklemtoon.