Zelensky sal SA besoekApril 11, 2025

President Cyril Ramaphosa sal op 24 April die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky ontvang vir ‘n werksbesoek. Die vergadering, wat by die Uniegeboue in Pretoria sal plaasvind, sal uitsluitlik fokus op die voortgesette konflik tussen Oekraïne en Rusland. Zelensky se besoek kom te midde van berigte oor gespanne verhoudings tussen Oekraïne en die VSA en toenemende wêreldwye pogings om ‘n vreedsame oplossing vir die konflik te vind, met Suid-Afrika wat sy ondersteuning vir dialoog en diplomatieke pogings handhaaf.