Goud sal verder, vinniger klimApril 11, 2025
Reaksie word ontvang op die goudprys wat vanoggend vir die eerste keer die deurslaggewende vlak van 3 200 Amerikaanse dollar per fynons verbygesteek het. Ontleders sê daar is ‘n voortdurende uittog van Amerikaanse dollar-gebaseerde bates met aandele en effekte se verkoop te midde van tariefbeleid en onsekerheid. Ekonoom Chris Hart sê die kommoditeit sal verder en vinniger styg.
Dit kom na China sy eie wederkerige tariewe op Amerikaanse invoere opgestoot het. Meer hieroor in die nuus om twee.