Goud breek deur US$3 200April 11, 2025

Die goudprys het vanoggend vir die eerste keer die deurslaggewende vlak van 3 200 Amerikaanse dollar per fynons verbygesteek, aangevuur deur ‘n swakker dollar en ‘n eskalerende handelsoorlog wat beleggers na veiligehawe-bates laat beweeg. Ontleders sê daar is ‘n voortdurende uittog van Amerikaanse dollar-gebaseerde bates met aandele en effekte se verkoop te midde van tariefbeleid en onsekerheid. Die dollar was 0,5 persent laer vanoggend.