Beijing stoot sy tariewe op na 125%, handelsoorlog dreigApril 11, 2025
Beijing het vandag sy tariewe op Amerikaanse invoere tot 125 persent verhoog, en het teruggekap teen die Amerikaanse president Donald Trump se besluit om belasting op Chinese goedere tot 145 persent op te stoot. Vrese vir ‘n handelsoorlog neem toe. Die kort blaaskans vir aandele het vinnig verdwyn en wêreldwye resessievrese is weereens aangevuur. Wêreldaandele het gedaal, die dollar het gedaal en ‘n uitverkoop in Amerikaanse staatseffekte het vinnig toegeneem. Goud, ‘n veilige hawe vir beleggers in krisistye, het ‘n rekordhoogtepunt van meer as 3 200 Amerikaanse dollar per fynons bereik.