Het Trump die mark manipuleer?April 10, 2025

The Washington Post berig dat president Donald Trump beskuldig word van mark manipulasie. Vier ure voor hy tariewe vir 90 dae op ys gesit het, het hy op Truth Social geskryf, “Nou is ‘n goeie tyd om te koop, DJT”. Toe hy die 90-dag pouse ook op Truth Social aangekondig het, toe herstel markte uiters vinnig. DJT is ook die aandelesimbool vir Trump Media and Technology Group, die moedermaatskappy van die president se sosiale  mediaplatform Truth Social wat 21 persent hoër afgesluit het. Elon Musk se Tesla-aandele het met amper 23 persent gestyg.