Diens waarsku oor Zambezi, Okavango, OranjeApril 10, 2025

Die Kunene se vloei by Ruacana het afgeneem van 1 827,5 kubieke meter per sekonde na 1 579,4. Die Hidrologiese Diens sê verlede jaar die tyd was vloei op net 327. Die Zambezi by Katima Mulilo is tans op 4,67 meter met die Okavango by Rundu wat op 7,21 meter staan. Die Oranje loop oop en vlakke by Blouputs is op 1,46 meter en Sendelingsdrif op 1,83 meter. Op die oomblik word water uit die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdamme uitgelaat wat deel vorm van die Vaal-Oranje stelsel met 4 560 kubieke meter per sekonde wat in totaal vrygelaat word en na die Oranjerivier vloei. Die diens waarsku inwoners teen die rivier om voorsorg te tref.