Charles se Italië besoek was uiters strategies, meen kennersApril 10, 2025
Koning Charles en koningin Camilla sluit vandag hulle vierdag besoek aan Italië af. Die koning het die land se parlement toegespreek en melding gemaak van die noue bande wat Engeland en Italië deel, ook tydens die twee wêreldoorloë.
Ontleders meen die koning neem ‘n uiters strategiese stap met die besoek en vestig Brittanje op die Europese vasteland. Dit stuur ook ‘n boodskap van eenheid in Europa aan beide die VSA en Rusland.