Boere betreur gaping in samewerking tussen NamPol en howeApril 10, 2025

Die geval van 51 bees wat naby Outjo gesteel en sommige wreed geslag is, maak steeds opslae. Dit egter nie die eerste keer dat ‘n groot aantal bees in die omgewing gesteel is nie. Vier verdagtes het reeds in die hof verskyn. ‘n Vergadering van NamPol met die boereverenigings in en om Outjo is afgehandel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Piet Gouws, ‘n boer by Outjo, wat die vergadering bygewoon het.

Nog ‘n vergadering met generaal-majoor Elias Mutota, onderhoof van NamPol word vandag om tien op Otjiwarongo by die C’est si Bon Hotel gehou en boere word uitgenooi om dit by te woon.