Saadtekorte in Kavango Wes bedreig voedselsekerheidApril 9, 2025
Plaaslike media berig dat boere in die Kavango Wes-streek ‘n tekort aan saad het om aanplantings te doen. Dit is veroorsaak deur jare se droogte en dus kon boere nie saad terughou van oeste nie en die streek het ook nie ‘n saadproduksie fasiliteit nie wat boere nood om saad aan te koop uit buurlande. Die groenskemas in die streek word ook onderbenut vir saadproduksie. Boere in die streek is bestaansboere en plant om kos op die tafel te sit.