Parlement bespreek (uiteindelik) begrotingApril 9, 2025

‘n Week na die begroting ter tafel gelê is, word daar uiteindelik in die parlement debat gevoer daaroor. Die Nasionale Vergadering het ‘n skedule opgestel tot president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede. Tydens die debat het die IPC, wat nuut is in die parlement as die amptelike opposisie, hul kommentaar oor die begroting gelewer via die party se hoofsweep, Rodney Cloete. Dit was ook sy nooienstoespraak in die parlement.

Die PDM se Inna Hengari het gesê die begroting is te gejaagd afgehandel en nie ‘n goeie begin vir die nuwe administrasie nie.