Vermeende beesslagters van Outjo verskynApril 8, 2025
Die vier vermeende beesslagters van Outjo sal weer op 10 Julie in die hof op die dorp verskyn. Landdros Peingonjabi Shipo het beveel hulle bly in aanhouding. Killian Masela, 47, Mathues Kataeko, 34, Vevangapi Kambampa, 30, en Titus Nekongo, 41 word daarvan beskuldig dat hulle verlede week 31 beeste in die Outjo-distrik van twee plase gesteel het. Drie het skuld beken en een sal verdedig. Die diere is wreed geslag en die waarde word op 372 000 Namibiese dollar beraam. ’n Taxi wat gebruik is, is geskut.