Tariewe sal nie opgehef word nie, maar onderhandelings welkom – TrumpApril 8, 2025
Terwyl aandelemarkte regoor die wêreld steier na Amerikaanse president Donald Trump invoertariewe op alle lande ingestel het, dreig Trump om tariewe op China verder te verhoog. Hy het by ‘n Withuis-perskonferensie Maandag saam met Israelse premier Benyamin Netanyahu gesê hy sal tariewe op China met 50 persent verhoog as die land nie sy vergeldingstariewe van 34 persent teen vandag terugtrek nie. Op ‘n vraag of hy dit oorweeg om tariewe op te skort, het Trump so geantwoord: