Stad Windhoek vra hulp teen koperkabel-diefstalApril 8, 2025

Koperdiefstal is ‘n landwye hoofpyn wat net erger word. Die Stad Windhoek het alarm gemaak oor ‘n toename in koperkabel-diefstal in die hoofstad. ‘n Onlangse geval naby die Otjomuise-polisiekantoor is aangemeld. Die stad doen ‘n beroep op die publiek om te help om die oortreders te vang en om enige verdagte aktiwiteite aan te meld. Lydia Shifa, ‘n Stad Windhoek woordvoerder, brei uit.