Robert De Niro kry ere-toekenning by Cannes-filmfeesApril 8, 2025

Die bekroonde Hollywood-akteur, Robert De Niro, sal in Mei die ere- Palme d’Or-toekenning by die 78ste Cannes-filmfees ontvang. Ander akteurs wat hiermee vereer is, sluit in Meryl Streep en Jodie Foster. De Niro het ʼn lang geskiedenis met die Cannes-filmfees. Hy was 14 jaar gelede voorsitter van die beoordelaarsjurie, en het op die tooi tapyt gestap vir Martin Scorsese se fliek, Killers of the Flower Moon. Hy sê Cannes bring storievertellers, filmmakers, ondersteuners en vriende bymekaar.