Pretoria-meisieshoërskool nader hof oor rassisme bevindingsApril 8, 2025

Die Pretoria High School for Girls se beheerliggaam het weer ʼn hofaansoek ingedien om die onafhanklike ondersoekverslag oor bewerings van rassisme by die skool te laat hersien en tersyde te stel. Die ondersoek handel oor bewerings van leerders se betrokkenheid by ʼn WhatsApp-groep, waar boodskappe met beweerde rasse-ondertone gedeel is. Die Gautengse Onderwysdepartement het in November verlede jaar ʼn opsomming van die bevindings en aanbevelings vrygestel, maar weier om die volledige verslag openbaar te maak. Die beheerliggaam sê die departement is verplig om die verslag bekend te maak.