Paaie was reeds swak, reën vererger infrastruktuur problemeApril 8, 2025
Die Paaie-owerheid sê helfte van die land se paaie het reeds hul leeftyd oorskry en met die reën is infrastruktuur verder verswak. Talle roetes, veral grondpaaie, is erg beskadig en die owerheid het reeds spanne ontplooi vir herstelwerk. Baie van die roetes is in die Kunene-streek in toerisme gebiede. Die pad tussen Sorris Sorris en Twyfelfontein is onbegaanbaar en daar is geen alternatiewe roete nie. Meer sentraal, is die Windhoek-Kapps Farm-Midgard-roete ook gesluit. Net suid van die hoofstad sal motoriste oor ongeveer drie weke ‘n dubbelbaan verbypad gebruik by die beskadigde brug.