Nieu-Seeland se hoofafrigter, Gary Stead, bedank as witbal-breierApril 8, 2025
Krieket: Nieu-Seeland se hoofafrigter in al drie formate, Gary Stead, gaan uittree uit witbal-krieket wanneer sy kontrak in Junie verstryk. Hy het die Swartpette in 2021 tot hulle eerste Wêreldtoetskampioenskapstitel gelei en verlede jaar ‘n ongekende toetssege van drie-nul oor Indië behaal. Stead sê hy sal in die volgende paar weke besluit of hy weer gaan aansoek doen om die toetsspan af te rig. Rob Walter, wat pas bedank het as die Proteas se witbal-afrigter, word genoem as ‘n moontlike opvolger vir Stead.