Efundja: Duisende leerders bly tuisApril 8, 2025
Die noordelike streke loop tans kwaai deur onder oorstromings. Die Ohangwena-streekraad het tientalle mense na tydelike skuilings verskuif. Ohangwena-goewerneur Sebastian Ndeitunga sê gebiede in die Ongenga, Engela en Oshikango-kiesafdelings word erg geraak. In Onamhinda en Eshoke is huise heeltemal onder water en mense is vasgekeer in plekke soos Onghala B-dorpie, omring deur water. Dokters is per helikopter na Onghala B vervoer, terwyl pasiënte na die hospitaal in Engela geneem is. Oshana-goewerneur Elia Irimari het in Oshakati gesê dat 12 skole in die streek reeds gesluit is.