Dan Biggar tree afApril 8, 2025

Die voormalige losskakel van Wallis en die Britse en Ierse Leeus, Dan Biggar, gaan die einde van die huidige seisoen uittree. Die 35-jarige sal sy loopbaan by die Franse klub Toulon afsluit. Biggar het 633 punte aangeteken in 112 toetse vir Wallis vanaf 2008 tot 2023, en was ook deel van die Leeus se toer van 2017 na Nieu-Seeland en 2021 na Suid-Afrika. Biggar sê daar kom ‘n tyd wanneer ‘n speler weet dis tyd om op te hou, en dit is nou tyd vir hom vir iets nuuts.