Begroting ‘n belangrike instrument om ongelykheid te beperk – RamaphosaApril 8, 2025

President Cyril Ramaphosa het die goedkeuring van die nasionale begroting verdedig en gesê dit is ‘n belangrike instrument om ontwikkeling te bevorder, armoede uit te roei en ongelykheid te beperk. Die Parlement het verlede week die fiskale raamwerk goedgekeur, wat ‘n verhoging van 0,5-persent in BTW insluit. Hy sê die maatskaplike loon kan slegs volgehou word as die ekonomie groei. Hy sê die begroting weerspieël die prioriteite van die regering se Mediumtermyn-ontwikkelingsplan.