NNN hou voet by stuk oor olie-, gassektor in haar kantoorApril 7, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n onderhoud met Al Jazeera gevoer waarin sy ongelykheid, grond, die jeug, werkloosheid en ander uitdagings met die internasionale nuuskanaal bespreek het. Haar besluit om die olie- en gassektore na haar kantoor toe te skuif het kritiek uitgelok uit verskeie oorde maar, sy hou voet by stuk dat die bedrywe gemonitor moet word en dit is net in die Presidensie moontlik.