Meeste van Opuwo se water herstelApril 7, 2025

NamWater sê dat die grootse deel van Opuwo weer water het. Die 300mm voerderpyplyn wat drie kritieke boorgate met die versamel-reservoir verbind, is weer in werking. Die boorgatpompe by hierdie bronne is ook weer geaktiveer. Die 250mm voerderpyplyn is egter nog onder water en modder, en sal herstel word sodra dit moontlik is. ‘n Watertenkwa is in die dorp gestasioneer om te verseker dat alle geraakte gemeenskappe water kan kry.