Drie vermeende dwelmhandelaars oor die naweek vasApril 7, 2025

Daar was weer verskeie beslagleggings op dwelms oor die naweek. Op Tsumeb is ‘n vermeende handelaar in Kuvukiland aangekeer in besit van skunk-dagga, bankies dagga, daggasaad, en verskeie Mandrax-tablette, sommige reeds gebreek. Die totale waarde beloop net meer as 29 000 Namibiese dollar. Kontant van 1 400 dollar is ook gevind. Hy sal vandag in die laerhof verskyn. Op Outjo is twee vermeende dagga-handelaars betrap en in een geval is die waarde op net meer as 18 000 dollar bepaal terwyl die ander beslaglegging nog bepaal moet word.