Verstappen voor in Japannese Grand PrixApril 6, 2025

Die viermalige wêreldkampioen Max Verstappen het die baanrekord verbeter en die voorste wegspringposisie vir vandag se Japannese Grand Prix voor Lando Norris van McLaren se neus weggeraap. Verstappen het ʼn blitsige ronde van een-minuut 26,983-sekondes in sy Red Bull behaal, met kampioenskapsleier Norris tweede en Oscar Piastri van McLaren derde. Verstappen, wat die Japannese Grand Prix die afgelope drie jaar gewen het, het in die finale rondte ʼn nuwe Suzuka-baanrekord opgestel. Dis die Nederlander se eerste wegspringposisie hierdie seisoen en hy het in die huidige kampioenskapveldtog nog nie ‘n Grand Prix gewen nie.