SA sê VSA lieg oor buitelandse beleidApril 6, 2025

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het ʼn Amerikaanse kongreslid, Troy Nehls, tereggewys omdat hy volgens hom vals inligting oor Suid-Afrika se buitelandse beleid versprei. Dit volg nadat Nehls die Afrikaner-wet ter tafel gelê het wat prioriteit-2-vlugtelingstatus aan Suid-Afrika se wit Afrikaner-minderheid toestaan weens beweerde menseregteskendings. Lamola ontken Nehls se bewerings, en sê dis vals en propagandisties. Hy beweer dit gee ʼn wanvoorstelling van Suid-Afrika se buitelandse beleid. Lamola herhaal dat die land verbind is tot ʼn onafhanklike buitelandse beleid volgens nasionale belange en die internasionale wet.