Rugby: Stormer-stut geskorsApril 6, 2025

Die Stormers-stut Neethling Fouche is vir vier wedstryde geskors ná ‘n rooi kaart tydens ‘n Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd in Ulster verlede naweek, wat die Stormers met 38-34 verloor het. Die Italiaanse skeidsregter, Andrea Piardi, het Fouche afgestuur oor ‘n gevaarlike kopstamp toe hy probeer het om Ben Carson plat te trek. ‘n VRK-tugkomitee het beslis die voorval regverdig ‘n rooikaart. Die skorsing is verminder tot vier wedstryde danksy Fouche se goeie rekord, sy berou en sy voorbeeldige optrede voor en tydens die verhoor. Hy gaan nou die Stormers se VRK-tuiswedstryde teen Connacht, Benneton, Dragons en Cardiff misloop.