18-jarige in aanhouding oor gru-brand op UsakosApril 6, 2025
‘n Agtienjarige man is in polisie-aanhouding in verband met die gru-brand Saterdag in die Hakhaseb-informele nedersetting op Usakos. Die verdagte het na bewering tussen 04:00 en 06:30 ses mense met ‘n byl en knopkierie geslaan en hul liggame daarna aan die brandgesteek. Die oorledenes is ‘n 90-jarige vrou, vier van haar kleinkinders tussen drie en ses jaar oud, en haar 18-jarige kleindogter. Die verdagte is familie van die oorledenes. Die polisie ondersoek klagte van moord en regsverydeling.