Sokker: Manchester se De Bruyne tree uitApril 5, 2025
Manchester City middelveldspeler Kevin De Bruyne het bevestig dat hy die klub aan die einde van die seisoen sal verlaat. Die 33-jarige Belgiese ster het 14 belangrike trofeë gewen, insluitende ses Premierligatitels en die Kampioeneliga in 2023, sedert hy in 2015 van Wolfsburg af by City aangesluit het. De Bruyne het op sosiale media geskryf dat dit nie maklik is om hieroor te skryf nie, maar sokkerspelers weet daardie dag kom uiteindelik. Hy is al twee keer as die spelers se Speler van die Jaar bekroon.