SA sakelui bekommerd oor politieke onminApril 5, 2025

Sakeleiers het president Cyril Ramaphosa en die DA-leier John Steenhuisen versoek om die ineenstorting van die regering van nasionale eenheid te voorkom, en waarsku dit kan blywende ekonomiese skade veroorsaak. News24 berig verskeie leiers, insluitend die uitvoerende hoof van Yellowwoods, Adrian Enthoven, die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, en die uitvoerende hoof van Anglo-American, Duncan Wanblad, het in ‘n brief beklemtoon onbestendigheid kan hervorming omkeer en beleggersvertroue skaad. Dit volg ná spanning tussen die ANC en die DA oor ‘n fiskale raamwerk-stem.