Riviervlakke in Namibië styg steedsApril 5, 2025

Die Zambezi-rivier by Katima Mulilo styg steeds en het Vrydag op 4,53 meter gestaan – baie hoër as die 1,29 meter dieselfde tyd verlede jaar. Volgens die jongste hidrologiese verslag was die vlak van die Okavango-rivier by Rundu ook hoër met 6,46 meter teenoor 5,41 meter ‘n jaar gelede. Die Oranjerivier by Sendelingsdrift het op 1,44 meter gestaan.