MK vies oor Zelensky se besoek aan SAApril 5, 2025

Die MK-party sê hy gaan betoog teen president Volodymyr Zelensky van Oekraïne se komende staatsbesoek aan Suid-Afrika. Die sekretaris-generaal Floyd Shivambu veroordeel die regering se besluit om Zelensky te nooi en noem hom ʼn strooipop-president. Zelensky kom na verwagting volgende week in Pretoria aan vir ʼn amptelike staatsbesoek. Hy beklemtoon dat Zelensky se besoek teen die land se onverbonde standpunt oor die oorlog tussen Rusland en Oekraïne indruis: