Meer tyd vir TikTok om new baas te soekApril 5, 2025

TikTok is meer tyd gegun om ‘n nuwe baas te vind. “omdat ‘n transaksie meer werk vereis om te verseker dat alle nodige goedkeurings onderteken is, teken ek ‘n uitvoerende bevel om TikTok vir ‘n bykomende 75 dae aan die gang te hou,” skryf die Amerikaanse president Donald Trump op Truth Social. Die aanvanklike sperdatum wat vir Vrydag gestel is, wou dié gewilde app gedwing het om sy diens in Amerika op te skort. Wetgewing dwing TikTok om van sy Chinese eienaar, ByteDance, te skei.