Diplomasie enigste medisyne vir kommer oor Iranese kernprogramApril 5, 2025

Rusland sê spanning rondom Iran se kernprogram kan slegs “diplomaties” opgelos word en het vir “selfbeheersing” gevra, nadat Amerikaanse president Donald Trump gedreig het om Iran met bomme aan te val as dit kernwapens ontwikkel. Die Kremlin se woordvoerder, Dmitry Peskov sê alle partye moet selfbeheersing toon en op diplomatieke pogings fokus. Trump het in 2018 die VSA uit ‘n ooreenkoms onttrek wat sanksies teen Teheran verlig het in ruil vir die beperking van Iran se kernprogram.