Windhoek munisipale raad kyk na elektriese busseApril 3, 2025
Die Windhoek munisipale raad beplan om lae-koolstof elektriese busse te bekom as deel van pogings om openbare vervoer te verbeter en verkeersopeenhopings in die hoofstad te verminder. Dit volg op die raad se goedkeuring om die lae-koolstof-openbare vervoerinisiatief onder die Move Windhoek-projek te laat herleef. Die munisipaliteit sal ‘n uitvoerbaarheidstudie doen om moontlike roetes te beoordeel om elektriese busse in die stad se openbare vervoerstelsel te integreer. Die raad sê die projek is ontwerp om ekonomiese geleenthede meer toeganklik te maak vir burgers met ‘n lae inkomste, terwyl besoedeling en kweekhuisgasvrystellings van gewone voertuie verminder word.