Wêreldwye misdaadoptrede oor Kidflix lei tot 79 arrestasiesApril 3, 2025
‘n Wêreldwye misdaadoperasie op ‘n webwerf op die donker web het gelei tot 79 arrestasies wêreldwyd. Kidflix is een van die grootste platforms vir die seksuele uitbuiting van kinders. Die operasie, ondersteun deur Europol, het een-duisend-393 verdagtes geïdentifiseer en gelei tot die beslaglegging van meer as 91-duisend video’s waarin kinders seksueel misbruik word. Kidflix, wat byna twee-miljoen gebruikers gehad het, het oortreders toegelaat om kinderpornografie te stroom en te deel. Die platform, is sedert 2021 aktief en is gesluit ná ‘n gesamentlike ondersoek deur wetstoepassers in 35 lande, met 39 kinders wat beskerm is as gevolg van die operasie.