Trump-tariewe: EU-boere vra onderhandeling eerder as vergeldingApril 3, 2025

Europese boere het die Europese Unie aangemoedig om onderhandelinge te stel bo vergelding vir die Amerikaanse president, Donald Trump, se tariefaanslag en waarsku teen ‘n handelsoorlog. Die pan-Europese boeregroep, Copa-Cogeca, het Washington se 20 persent tarief op alle EU-goedere veroordeel en sê dit kan lei tot die ontwrigting van wêreldwye voorsieningskettings, asook prysverhogings. Brussel het teenmaatreëls voorberei, maar die groep, wat blykbaar 22 miljoen boere verteenwoordig, waarku die situasie kan vererger.