Namibië se wynlus grootApril 3, 2025

Namibiërs se wyndors het in Februarie vanjaar tot invoere van sowat 67,2 miljoen Namibiese dollar gelei. Wyn is hoofsaaklik uit Suid-Afrika se Frankryk ingevoer, toon die Namibiese Statistiekagentskap se jongste handelsdata. Op sy beurt het Namibië ook wyn uitgevoer, maar dit was hoofsaaklik heruitvoere ter waarde van 5,5 miljoen dollar. Dié uitvoere was veral vir Kenia en die DRK bestem.