Krieket: Namibië se juniors klop Uganda April 3, 2025

Namibië se junior krieketspan, die Walvis Bay Salt Eagles, het Uganda se Baby Cricket Cranes met 121 lopies geklop by die kwalifiserende toernooi vir Afrika-spanne vir die 2026 Onder-19 Wêreldbeker. Namibië het die loot gewen in die reën-geraakte kragmeting by die Lagos University Oval in Nigerië en eerste gekolf. Namibië het 139 vir 3 in 36 boulbeurte aangeteken, maar na ‘n reënonderbreking is hul eindtelling tot 188 aangepas. Dit het beteken dat Uganda 189 vir die oorwinning in 36 boulbeurte nodig gehad het, maar hulle is uitgeboul vir 68 lopies. Die Salt Eagles het Dinsdag met 17 lopies teen Tanzanië verloor.