Kabinet maak planne vir sprinkaan-uitbraakApril 3, 2025
Die eerste besluitnemende kabinetsvergadering van die agtste administrasie is afgehandel. Die kabinet het kennis geneem van ‘n moontlike sprinkaanplaag-uitbraak in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, na die goeie reënval. Die kabinet het die landbouministerie gerig om bewustheid van moontlike uitbrake van sprinkane en ander peste onder gemeenskappe te bevorder, asook hoe om dit te beveg. Die verdedigingministerie moet lug- en ander bystand verskaf om ‘n sprinkaanplaag te beheer. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër gepraat met dr. Gerhard Verdoorn,‘n Suid-Afrikaanse kenner op die gebied.