Handelsbalans verlaag na N$2 miljard tekortApril 3, 2025
Die land se handelsbalans het in Februarie op ‘n tekort van 2 miljard Namibiese dollar te staan gekom, ‘n verbetering in vergelyking met ‘n tekort van 2,7 miljard dollar in Januarie en 3,9 miljard dollar in Februarie verlede jaar. Suid-Afrika was die land se top handelsvennoot in beide invoere en uitvoere. Uitvoere is oudergewoonte oorheers deur die mynbousektor, meestal deur uraan, nie-monetêre goud, petroleumolies en anorganiese chemiese elemente. Vis was weer die enigste nie-minerale produk onder die top-vyf uitgevoerde produkte. Heruitvoere het 12,3 persent maand-tot-maand gedaal, maar jaar-tot-jaar met 38,9 persent gestyg.