Stad Windhoek kry donasie vir plaas OkukunaApril 2, 2025

Die Stad Windhoek gaan ‘n donasie van die EU-befondsde Afrifoodlinks ontvang om stedelike landbou te verbeter. Die skenking van sowat 750 000 Namibiese dollar sal die groei en ontwikkeling van plaas Okukuna, ‘n stedelike landbou-inisiatief in Goreangab ondersteun. Okukuna is in 2015 deur die Munisipale Raad gestig om voedselarmoede aan te spreek, kleinboere te bemagtig en volhoubare stedelike landbou te bevorder. Die plaas het tans 13 kweekhuisplotte, besproeiingstelsels en watertenks om begunstigdes te help om ‘n groot verskeidenheid gewasse te verbou. Die skenking sal noodsaaklike infrastruktuur en kapasiteitsbou ondersteun.