SA Onder-19 manspan op pad vir eendagkrieket-reeksApril 2, 2025

Krieket Namibië en Krieket Suid-Afrika het ‘n reeks van drie eendagwedstryde van 50 boulbeurte elk aangekondig tussen die Suid-Afrikaanse Onder-19 manspan en ‘n Krieket Namibië-elftal. Die reeks sal van 28 April tot 2 Mei in Windhoek gespeel word by Namibië se nuwe krieketgronde, die FNB Namibia-krieketstadion, sowel as die High Performance Oval. Albei gronde sal ook wedstryde tydens die 2026 Onder-19 Mans Wêreldbeker-kriekettoernooi aanbied. Die wedstryde sal as voorbereiding dien vir die buurland se Onder-19-span voor die komende Wêreldbeker-toernooi. Johan Muller, die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, sê die reeks is ‘n geleentheid vir die twee lande om hulle jong talent ten toon te stel.