Rusland sê ‘nyet’ vir VSA se skietstaking-voorstelApril 2, 2025
Rusland sê hy kan nie Amerika se voorstel vir ‘n skietstaking in Oekraïne aanvaar sonder om die hoofoorsake van die oorlog in aanmerking te neem nie. President Vladimir Putin se eise as voorwaardes vir die skietstaking sluit in dat Oekraïne moet erken dat Rusland die Krimgebied en vier gedeeltelik besette gebiede in die suidooste geannekseer het en tot ontwapening moet instem. Rusland se adjunk-minister, Sergei Ryabkov, sê daar is geen aanduidings van óf president Donald Trump van Amerika, óf van Oekraïne dat die oorlog ná die skietstilstand van 30 dae beëindig kan word nie.